DA-leier onthul plan op Vryheidsdag om SA ekonomies te red

Die DA-leier John Steenhuisen sê met Suid-Afrikaners wat vandag byeenkom om Vryheidsdag te vier, sal hy die Red Suid-Afrika-toer na eThekwini bring. Steenhuisen sê hy gaan besonderhede verstrek oor die die party se belofte om ware ekonomiese vryheid aan elke Suid-Afirkaner onder ‘n nuwe DA-geleide nasonale regering te lewer. Terwyl nog miljoene Suid-Afrikaners hulle by die werkloosheidsry aansluit, gaan die party wys hoe Red Suid-Afrika die land van verlammende werkloosheid gaan verlos. By die geleentheid sal die nuwe DA televisie-advertensie, bekend as “Pathway to Victory”, ook bekendgestel word.