Drankverbod in SA kos miljarde

Die Biervereniging van Suid-Afrika het die opheffing van die verbod op alkohol onder vlak drie-inperking verwelkom en sê dit is ‘n reddingsboei vir baie sakeondernemings. President Cyril Ramaphosa het drankverkope oopgemaak in die buurland vanaf Maandag tot Donderdag. Die vereniging sê sy jongste skatting wys die vier alkohol-verbiedings wat sakeondernemings gedwing het om vir 161 dae te sluit, het 248 759 werksgeleenthede in die weegskaal geplaas en die land se plaaslike groeiproduk ongeveer 64,8 miljard Suid-Afrikaanse rand gekos.