Cyril is terug op sy pos

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bevestig President Cyril Ramaphosa het ‘n week van self-isolasie afgesluit nadat hy op 12 Desember positief getoets het vir Covid-19. Die president is terug op kantoor en sal die jaar se laaste kabinetsitting Woensdag lei. Ramaphosa het weer ‘n beroep op almal in die land gedoen om veilig te bly en teen Covid-19 ingeënt te word, maskers te dra, hande gereeld te was en te ontsmet, sosiale afstand te handhaaf en groot groepe te vermy.