Cyril gaan blykbaar noodtoestand oor krag aankondig

President Cyril Ramaphosa gaan blykbaar hierdie week ‘n energie-noodtoestand afkondig. Dit is volgens media in die buurland wat sê dit sal deel vorm van die president se omvattende planne om die beurtkrag-probleem op te los. Ramaphosa erken in sy weeklikse nuusbrief die regering moet dringend optree om beurtkrag iets van die verlede te maak. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê tot 6 000 megawatt opwekkingsvermoë is nodig om instandhoudingswerk aan die verwaarloosde en swak presterende steenkoolvloot te doen en sodoende die risiko van beurtkrag te verminder.