Kritiek teenoor beslissing oor tweedehandse voertuie ouer as 8 jaar

Ekonome het kritiek uitgespreek oor die beslissing van die Namibiese kabinet om die ouderdomsbeperking van ingevoerde tweedehandse voertuie van agt jaar na 12 jaar op te stoot. Die besluit moet deur die handelsministerie geïmplementeer word en is geneem as gevolg van die heersende ekonomiese toestande. Maar, volgens Simonis Storm is dit nie ‘n wyse besluit nie. Theo Klein van die makelaarsfirma is aan die woord.

Hy bevraagteken ook of finansiering ooit bekom kan word.