Rusland beboet Google met N$1,5 miljard

Google is ‘n buitengewoon groot boete in Moskou opgelê vir die herhaaldelike versuim om onwettige inhoud te verwyder. Dit volg op Russiese owerhede wat al meer druk uitoefen op buitelandse tegnologie-reuse. Die Amerikaanse firma is ‘n yslike boete van 1,5 miljard Namibiese dollar opgelê. Rusland het onlangs baie boetes aan die wêreld se grootste tegnologie-maatskappye opgelê en hulle daarvan beskuldig dat hulle nie hulle inhoud modereer nie en met die land se sake inmeng. Nuusagentskappe berig die boete is bereken as ‘n persentasie van Google se jaarlikse inkomste.