Covid onder leerders is gemeenskapsoordag

Die hoë aantal leerders wat positief vir Covid toets het vrae onder die publiek laat ontstaan oor die betroubaarheid van plaaslike Covid-syfers. Volgens die jongste Covid-verslag het 65 leerders positief getoets en in die vorige verslag, was 101 leerders positief. Die onderwysminister Anna Nghipondoka het vroeër gesê dat gevalle onder leerders, veral wanneer skole gesluit is, weer bewys is van gemeenskapsoordrag van Covid en het ouers gevra om kinders by die huis te hou. Die voorsitter van die plaaslike Privaatskole-vereniging Colette Riekerts het weer op haar beurt gesê dat dit weereens bewys dat skole nie ‘n episentrum is van Covid-oordrag nie.