Buitelander in Rusland? Elke 90 dae kort jy ‘n sifilis-toets…

‘n Mediese wysigingswet wat deur die Russiese parlement goedgekeur is en van buitelanders vereis om uitgebreide gesondheidsondersoeke te ondergaan, sal op die 29ste van hierdie maand in werking tree. Die wetsontwerp bepaal buitelandse professionele persone, buitelandse familielede wat in Rusland woon en enige buitelander wat in die land wil bly, moet elke drie maande vir sifilis, MIV, melaatsheid, tuberkulose en Covid-19 getoets word. Visums sal nie aan persone met ‘n positiewe uitslag vir enige aansteeklike siekte uitgereik word nie en enige bestaande visum, sal opgeskort wor