Covid kan nie in borsmelk oorgedra word nie

Die jongste navorsing in verband met Covid-19 bevestig vroeëre studies wat toon dat moeders met Covid nie die siekte in borsmelk kan oordra nie. Navorsers het 110 borsvoedende moeders, waaronder 65 positief was vir Covid en 36 Covid simptome gehad het maar nie getoets is nie, vir die studie. Geen van die borsmelk het die virus bevat nie maar, daar was wel genetiese materiaal van Covid in die melk, wat skadeloos is. Dit sal, volgens die navorsers, teenliggaampies teen Covid opbou. Die navorsing is in die vaktydskrif, Pediatric Research, gepubliseer. Borsvoedende moeders word daaraan herinner om altyd ‘n sterk reiniger te gebruik op hulle hande.