Meat Loaf sterf: Ons sal nooit weet wat hy NIE sou doen nie

Rockmusiek-legende Meat Loaf is op die ouderdom van 74 dood. Sy familie het op sy amptelike Facebook-blad bekendgemaak sy vrou Deborah was by hom. Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie. Die sanger se regte naam was Michael Lee Aday. Sy loopbaan strek oor ses dekades waartydens hy meer as 100 miljoen albums verkoop het. Hy het ook in meer as 65 flieks gespeel, insluitend “Fight Club”, “Focus”, “The Rocky Horror Picture Show” en “Wayne’s World.” “Bat Out of Hell” bly een van die top 10 albums van alle tye. … Nou sal ons nooit weet wat hy NIE sou doen nie.