Hardap: 300 kubieke meter per sek., vrygestel

Die Hardapdam se sluise is verder oopgetrek en op die oomblik word 300 kubieke meter water per sekonde vrygestel. Die dam is op die oomblik 72,6 persent vol en neem amper 379 kubieke meter water per sekonde in. Sluise is vir die eerste keer om middernag getrek na ‘n plaasdam op die Packriem-rivier vroeër meegegee het. Die dam se sluise word sedert die 2006-vloede op 70 persent van kapasiteit getrek.