Covid belemmer steeds ekonomiese herstel

Die Internasionale Monetêre Fonds se besturende direkteur, Kristalina Georgieva, sê wêreldwye ekonomiese herstel word steeds deur die Covid-19-pandemie en sy invloed gestrem. Die IMF het in Julie wêreldwye groei van ses-persent vir vanjaar voorspel, maar die fonds verwag nou dat dit ietwat laer sal wees. Georgieva sê die onmiddellikste struikelblok is die groot inentingsgaping met te veel lande wat te min toegang tot entstowwe het, wat te veel mense sonder beskerming teen Covid-19 laat: