Keniaanse regeringmoet intree oor plaagdoders, sê Greenpeace

Greenpeace Afrika doen ‘n beroep op die Keniaanse regering om op te tree en kleinskaalse boere wat 80 persent van die Afrikabevolking suid van die Sahara voed, te ondersteun en te beskerm. Om dit te doen, moet hulle ophou om plaagdoders te gebruik om sprinkane te beheer. Greenpeace se monsters en ontledings om vas te stel watter plaagdoders hiervoor gebruik word, het die gebruik van hoogs gevaarlike chemikalieë onthul, onder andere Deltamethrin. Greenpeace het die regering nou gevra om die gebruik van Deltamethrin uit te faseer ten gunste van biologiese alternatiewe.