Covid-19: 404 nuwe gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 404 nuwe Covid-gevalle uit 1 508 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 26,8 persent verteenwoordig. In die groep is 52 leerders, 23 gesondheidswerkers, 11 studente en vier onderwysers. Daar is nou 15 008 aktiewe gevalle, waarvan 344 pasiënte in hospitale is en 35 in hoësorgeenhede. Altesaam 344 214 persone is ten volle ingeënt.