Prins Andrew se regspan gaan New Yorkse regter vra om eis van die hand te wys

Prins Andrew se regsverteenwoordigers sal vandag ‘n New Yorkse regter vra om ‘n eis weens seksuele aanranding teen die Britse koninklike van die hand te wys. AFP berig sy regspan sal betoog dat ‘n vorige vertroulikheidsooreenkoms tussen die klaer Virginia Giuffre en die ontslape Jeffrey Epstein prins Andrew van vervolging vrywaar. Giuffre beweer Epstein het haar aan sy ryk en magtige kennisse, waaronder Andrew, vir seks beskikbaar gestel. ‘n Ooreenkoms wat gister die eerste keer bekend gemaak is, wys sy het in 2009 ingestem om ‘n siviele saak teen Epstein te laat vaar, in ruil vir 8 miljoen Namibiese dollar.