Nam-regering bou strategie vir vryhandelooreenkoms

Die Namibiese ministerie van handel het ‘n konsepdokument oor die regering se strategie om voordeel te trek uit die Afrika-vryhandelooreenkoms, saamgestel. Daar is verskeie uitdagings wat handel met beperkte Afrika-lande en ‘n lae vervaardigingskapasiteit insluit. Namibië se handel met lande op die vasteland beslaan 37 persent van uitvoere en 66 persent van invoere. Die ministerie sê dit is uiters belangrik dat uitvoere, en markte vir die produkte, gediversifiseer moet word. Infrastruktuur vir vervoer moet ontwikkel word en die SME-mark moet bemagtig word om geleenthede van die vryhandelooreenkoms aan te gryp.