Covid: 1,35 miljoen nuwe gevalle in VSA in 24 uur

Die VSA het 1,35 miljoen nuwe Covid-gevalle Maandag bevestig, die hoogste getal ooit, ter wêreld, sedert die pandemie begin het. Die vorige rekord is op 3 Januarie gestel met 1,03 miljoen gevalle. Die gemiddelde gevalle oor ‘n sewe-dag periode staan op 700 000 nuwe infeksies daagliks. Op die oomblik is daar 136 604 pasiënte in die hospitaal, teenoor die net meer as 132 000 wat in Januarie 2021 gehospitaliseer was. Gesondheidsowerhede in die land waarsku oor druk op gesondheidstelsels en daar is ook kommer oor die hoeveelheid kinders wat opgeneem word.