Kapofi is verkeerd oor volksmoord

Reaksie word ontvang op berigte dat die minister van verdediging Frans Kapofi meen dat nasate van die volksmoordslagoffers hulself mislei as hul dink daar kan direk met Duitsland onderhandel word. Die sekretaris-generaal van Nudo Josef Kauandenge sê daar is konvensies onder die Verenigde Nasies wat dit toelaat. Hy meen die minister fouteer en dat die volksmoord nie die regering nie, maar die mense, is deur die volksmoord geraak.