Hout is beter as staal en beton … vir omgewing

Die gebruik van verwerkte houtprodukte is ‘n lewensvatbare alternatief vir beton en staal in die konstruksiebedryf, danksy die lae koolstofvoetspoor. Dit is volgens ‘n senior dosent aan die Universiteit van Pretoria, Schalk Grobbelaar. Talle studies het getoon hout is nie slegs hernubaar nie, maar vaar ook die beste onder die meeste produkte wanneer dit kom by omgewingsimpak. Grobbelaar sê indien die markaandeel vir houtgebaseerde geboue tot 20-persent van alle nuwe konstruksies sou toeneem, kan dit die energie- en globale verwarmingspotensiaal van die huisbousektor met 4,9-persent verminder.