Coca-Cola Namibia open inentingsentrum in Lafrenz-nywerheidsgebied

Coca-Cola Namibia gaan saam met African Personnel Services onder die vaandel van die Namibiese gesondheidsminsiterie, Woensdag die eerste inentingsentrum in die Lafrenz-nywerheidsgebied by Coca-Cola se hoofkantoor in Rendsburgerstraat oopmaak. Inentings sal Maandae tot Vrydae tussen nege-uur soggens en vier-uur smiddae plaasvind. Die inentingsentrum is oop vir die publiek en Coca-Cola sal vervoer vanaf die Shell-diensstasie en die Shoprite-winkelkompleks in Monte Christo-weg soggens om nege-uur en smiddae om twaalf-uur en twee-uur aanbied. Enid Johr, Coca-Cola Namibia se hoof van openbare sake en kommunikasie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.