Inenting môre by Universiteit van Namibië se hoofkampus

Die Universiteit van Namibië het aangekondig dat die tweede dosis van AstraZeneca nou by die universiteit beskikbaar is. Covid-inentings sal slegs môre by die hoofkampus in die hoofstad beskikbaar wees. Diegene wat hul eerste dosis-inenting ontvang het, word aangemoedig om hul tweede dosis van die langverwagte AstraZeneca te ontvang. Unam se openbare skakelbeampte, John Haufiku, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.