Cirrus: Namibië se inentingsteiken eers in 2026 bereik

Cirrus, ‘n Namibiese beleggingsmaatskappy het inligting oor Namibië se inentingsteiken verskaf. Volgens Cirrus sal Namibië teen die huidige inentingskoers, eers die teiken vir inentings van meer as 1,47 miljoen mense, of 60 persent van die bevolking, rofweg teen die middel van 2026 bereik. Romé Mostert, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.