Christine Mboma deur na eindronde van 200 meter

Statebondspele: Namibiese naelloper Christine Mboma het Vrydagaand eerste in haar halfeindronde van die 200 meter gekom in ‘n tyd van 22,93 sekondes, gevolg deur die Australiër Ella Connely en Hima Das van Indië derde. Mboma kom vanaand in die eindronde te staan teen Elaine Thompson Herah van Jamaika wat haar halfeindronde in ‘n tyd van 22,63 gewen het. Die Nigeriese atleet Favour Ofili het haar halfeindronde in ‘n tyd van 22,66 gewen. Die Namibiese 400 meter-atleet Danny Geldenhuys het vierde in sy halfeindronde gekom in ‘n tyd van 46,68 sekondes. Hy kwalifiseer dus nie vir die eindronde nie.