Ramaphosa bekommerd oor betogings in Kagiso, Thembisa
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die samelewing staar wetteloosheid, misdaad en korrupsie, geslagsgeweld, hongerte en wanvoeding in die gesig. Ramaphosa sê die voorvalle van gewelddadige betogings in Kagiso en Thembisa is uiters kommerwekkend en beklemtoon baie van die uitdagings waarmee die land te kampe het. Hy het ‘n beroep op burgers gedoen om te onderskei tussen wettige betogings en misdadigheid, om lewensverlies en vernietiging van eiendom te voorkom.