Chirurg gesels oor oogoorplanting 

Chirurge wat in New York die wêreld se heel eerste volledige oogoorplanting uitgevoer het, het met media oor die uitdaging gepraat. Aaron James, wat ‘n hoog-spanning elektriese ongeluk oorleef het, het in Mei vanjaar ‘n operasie van 21 uur ondergaan waartydens die helfte van sy gesig vervang is . Een van die voorste chirurge in die span, dokter Eduardo Rodriguez, sê dit was ‘n uitdaging om die hele oog, die oogbal, sy bloedtoevoer én die kritieke oogsenuwee wat dit met die brein moet verbind, oor te plant.