Drukgroepe juig oor verbod op Shell-opnames

Die Suid-Afrikaanse Omgewings-drukgroep, The Green Connection, het die hoërhof in Makhanda in die Oos-Kaap se beslissing verwelkom, waarin Shell se seismiese opnames aan die Wildekus opgeskort word. Omgewings-aktiviste het verlede week aangevoer dat die opnames uiters skadelik is vir seelewe asook vir gemeenskappe se regte om uit die see te leef, ‘n inkomste te genereer en dit by kultuurbedrywighede in te sluit. Liz McDaid van The Green Connection sê die beslissing is ‘n oorwinning vir die gemeenskappe wat geraak word: