Chinese jongmense raak kreatief

Jong mense in China sukkel al hoe meer in die arbeidsmark en wend hulle na ‘n onwaarskynlike plek vir werk: Tinder.

Jade Liang, ‘n Meestersgraadstudent in Sjanghai, het besluit om haar rekening op die maatsoek-toep af te stof nadat sy sonder sukses by meer as 400 poste aanlyn aansoek gedoen het. Sy het dit voorheen gebruik in haar soeke na romanse, maar vind dit nou nuttig om met mede-professionele mense in te skakel vir gemaklike koffiegeselsies.

“Ek het eenvoudig begin regs “swipe” op die toep op individue in dieselfde bedryf om by hulle kringe aan te sluit. Baie mense  vind dit verwelkomend en so begin die jong klomp mekaar help om werk te kry en oplossings te vind.

Liang is een van vele werksoekers in China wat vanweë strawwe mededinging en ‘n skaarste aan werksgeleenthede gebruik maak van onkonvensionele metodes. Sommige werklose volwassenes werk selfs as “voltydse kinders” vir hul ouers, en doen allerhande takies waarvoor die ouers nie tyd het nie, in ruil vir finansiële ondersteuning.

China, die wêreld se tweede grootste ekonomie ná die Verenigde State, sukkel met jeugwerkloosheid, wat verlede Junie ‘n rekord van 21,3% bereik het.

Alhoewel hoë jeugwerkloosheid nie ongewoon is vir lande soos China wat ook ander ekonomiese uitdagings in die gesig staar nie, “blyk dit China se werkloosheids probleme is hierdie keer ernstig”.

“Die land se ekonomiese afswaai, die impak van die pandemie en vele ander krisisse het alles op dieselfde tyd gekom, wat die impak op die jeugbevolking selfs groter gemaak het,” sê Su Yue, hoofekonoom by The Economist Intelligence Unit in Sjanghai.

Foto: nbcnews