Namibië behaal 72% op Icao-oudit, maar…

Die Internasionale Burgerlugvaart-organisasie, bekend as Icao, het sy oudit voltooi. Die oudit hersien alle elemente van veiligheid, ook by lughawens en infrastruktuur. Die land het ‘n gemiddelde van 72 persent behaal met net meer as 52 persent vir sy toesigverpligtinge en 56 persent vir veiligheidsresolusies. Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid se raadsvoorsitter Bethuel Mujetenga sê hulle vaar elke jaar beter.