China sê hy verstaan Rusland se sekerheidskwessies

China het Rusland se minister van buitelandse sake ingelig hy verstaan wat hy beskryf as Rusland se redelike bekommernisse oor sekerheidskwessies oor Oekraïne. Dit is duidelik uit ‘n verklaring deur China se ministerie van buitelandse sake. China het Amerika en ander lande aangemoedig om te probeer keer dat die situasie handuit ruk, en terughoudend te bly. Intussen het die Chinese ambassade in Oekraïne sy landsburgers wat tans in dié land is, aangeraai om binnenshuis te bly, en ook weg van vensters af, of die Chinese vlag op hul voertuie te vertoon as dit noodsaaklik is om uit te gaan. Volgens berigte is harde ontploffings vanoggend in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, gehoor terwyl Rusland vermoedelik besig is om die stad uit die noordooste in te val.