Vettel sê nee vir Sochi Grand Prix

Renjaers kan moontlik die Formule Een Grand Prix in Sochi in September boikot, weens Rusland se inval in die Oekraïne. Aston Martin se Duitse bestuurder, Sebastian Vettel, het aangekondig hy gaan nie deelneem nie en die verdedigende kampioen, Max Verstappen van Red Bull, het na bewering gedreig om dieselfde te doen. Die beheerliggaam oorweeg na wat berig word om die wedren van die kalender te verwyder. Vettel sê hy is jammer vir onskuldige mense wat hulle lewens verloor oor dom redes.