Cele moet waai – AfriForum

AfriForum sê hy is diep bekommerd oor die gedrag en mislukkings van die minister van polisie, Bheki Cele. ‘n Woordvoerder van die burgerlike organisasie, Jacques Broodryk, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die afgelope twee jaar meer as een-duisend-300 speurders verloor, maar geen poging is aangewend om hulle te vervang nie. Hy sê verlede week tydens ‘n gemeenskapspolisiërings-vergadering in Gugulethu, het Cele geskree op ‘n leier van ‘n burgerregtegroep wat hom gekritiseer het. Broodryk sê Cele is onbevoeg vir sy amp en moet onmiddellik afgedank word: