Brandstof-handelaars wag steeds

Die Brandstof- en Franchise-vereniging, FAFA, en die Namibiese Plaaslike Besighede-verenging, NALOBA, het blykbaar vanoggend nog geen terugvoering van die regering ontvang nie. Die twee het verlede week vergader oor die pad vorentoe rakende die kwessie van stygende brandstofpryse in die land. Hulle eis beleidsveranderinge oor hoe brandstofpryse aangepas word. Hennie Krüger van FAFA, het vanoggend die jongste so met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.