Cele moet sê oor stappe oor polisiestasies wat verval
ActionSA sê die polisieminister Bheki Cele het drie maande tyd om ‘n plan van aksie voor te lê oor hoe hy die voortslepende verval in die gehalte van polisiekantore reg oor die land gaan aanspreek. Die party het gister na die minister se kantoor in Pretoria opgeruk om ‘n griefskrif te oorhandig. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê uit die honderde klagtes wat die party in aanloop tot die optog ontvang het, was 60 persent oor polisiekantore waar die telefoonlyne nie werk nie: