Carl gee tot 15:00 vir Mbulula om jammer te sê

Die geskorste woordvoerder van Umkhonto we Sizwe se militêre veteraanvereniging, Carl Niehaus, sê die buurland se vervoerminister Fikile Mbalula, het tot drie-uur vanmiddag tyd om hom om verskoning te vra oor sy onlangse opmerkings of hulle sal in die hof ontmoet. In ‘n onderhoud met Britse media, het die minister Niehaus daarvan beskuldig dat hy een van die aanhitsers was in verlede week se gewelddadige plundery in KwaZulu-Natal en Gauteng. Niehaus sê die aantygings is vals en skaad sy goeie naam en reputasie: