Kindersterftes in Namibië wek kommer

Kindersterftes as gevolg van Covid is baie hoog, wanneer dit vergelyk word met ander lande. Oor die algemeen word daar in mediese en wetenskaplike kringe ooreengekom dat Covid nie ‘n groot risiko vir kinders en jongmense inhou nie maar die huidige beskikbare syfers toon dat plaaslike sterftes baie hoog is. Daar is tot dusver 14 kinders per miljoen burgers, onder die ouderdom van 14 wat plaaslik aan Covid dood is. In die Verenigde Koninkryk is twee kinders per miljoen landsburgers aan Covid dood.