Capricorn-stigting fokus op onderwys

Een van die hooffokusgebiede van die Capricorn-stigting is onderwys. Daarom ondersteun die stigting die Amos Meerkat Sillabus-projek met 300 000 Namibiese dollar. Die projek rus informele pre-primêre skole op plase en plaasgemeenskappe in afgeleë gebiede in Namibië toe met ‘n geskikte kurrikulum en onderrighulpmiddels om kinders van vyf tot ses jaar oud skoolgereed vir Graad 1 te kry. Grace Luvindao, Bank Windhoek se woordvoerder sê elke Namibiese kind moet die geleentheid hê om skoolgereed te wees.