Drie mans sterf by Ongos Valley-bouterrein

Drie mans het hul lewens by Ongos Valley se bouterrein, noordwes van Windhoek, in ‘n werkverwante ongeluk verloor. Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, was die mans besig om aan die dreinstelsel te werk, toe een van hulle ingeval het. Die ander twee het probeer om hom te red en ook gesterf. Basson sê aan Kosmos 94.1 Nuus die slagoffers is geïdentifiseer.