Calle ‘verkoop’ Neckartal in Dubai

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het oor moontlike beleggings by Neckartaldam in Dubai gepraat. Die ministerie het nog nie die hele 5 000 hektaar grond bekom vir die besproeiingsaanleg nie. Die dam, Namibië se grootste, met ‘n kapasiteit van 830 miljoen kubieke meter, is gebou met die doel om aanplantings op 5 000 hektaar te doen en sodoende voedselsekerheid te verbeter. Die dam het reeds turbines in sy wal en die pompstasie is ook reeds voltooi om die landerye te besproei. Schlettwein sê daar sal teen Mei en Junie vanjaar aansoeke vir voorstelle oopgestel word. Hy het ook melding gemaak van die 11 groenskemas wat gratis van water voorsien word. Hy sê beleggers kan die skemas oorneem en voedsel produseer. Namibië se uitvoer-gehalte beesvleis het ook onder die loep gekom.