Oproepe vir verpligte inenting in SA

Daar is toenemende oproepe vir President Cyril Ramaphosa om dringend Covid-inenting verpligtend te maak. Dit volg te midde van gevalle wat vinnig styg en ‘n lae opkoms by inentingspersele. Die Nasionale Covid-19-bevelsraad vergader hierdie week en hierdie saak is hoog op die agenda. Volgens ‘n woordvoerder aan die Universiteit Stellenbosch, Keymanthri Moodley, kan verpligte inenting help om toegang tot binnenshuise en groot byeenkomste te beperk waar baie mense teenwoordig is en die kans op besmetting groter is.