Buitelanders sal binnekort nie Russiese surrogate kan gebruik nie

Rusland gaan eersdaags ‘n wet aanvaar wat buitelanders verbied om ʼn kontrak met Russiese vroue aan te gaan om as surrogaatmoeders op te tree. Die speaker in die laerhuis van die Russiese parlement het dit gister op die land se Moedersdag aangekondig. Daar word berig betaalde surrogaatskap is wettig in Rusland maar godsdiensgroepe is daarteen gekant omdat dit die geboorte van ʼn kind kommersialiseer. Surrogaatmoeders het die afgelope paar jaar aan ongeveer 45 000 babas geboorte geskenk wat na die buiteland geneem is.