ANC se grondhervorming het misluk

Die DA sê die ANC-regering se swak ondersteuning nadat begunstigdes plase oorgeneem het, het tot gevolg gehad dat 75 persent van die plase onder die Proaktiewe Grondhervormingstrategie misluk het. Die party se woordvoerder, Noko Masipa, sê dit volg nadat die ANC sedert 2006 meer as 12 miljard Suid-Afrikaanse rand bestee het om plase vir grondhervorming te bekom onder die Proaktiewe Grondhervormingstrategie. Hy sê van die 529 plase wat ná vestiging met die hand uitgesoek is vir ondersteuning deur die Herkapitalisasie- en Ontwikkelingsprogram, funksioneer 397 op ‘n bestaansboer-vlak óf is glad nie produktief nie: