Brown se goedkeuring gee reuse-hupstoot aan fosfaatprojek

Die ontginning van fosfaat aflandig aan die Namibiese kus het ‘n reuse-hupstoot ontvang met die goedkeuring van die projek deur die bekende omgewingskundige, dr. Chris Brown. Brown, die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, sê die studie is omvattend en die impak sal minimaal wees. Hy sê kritiek kom vanaf mense wat nie van die korrekte inligting beskik nie.