Voedselpryse, inflasie sal verder styg – kenner

Die uitvoerende hoof van die NMI-groep in Namibië, Ian Collard, sê inflasie en voedselpryse sal bly styg, tot ten minste die einde van die jaar. Die Namibiese Statistieke Agentskap het ‘n syfer van 5,4 persent vir Mei bekend gemaak, effe af van die 5,6 persent wat in April aangetekend is. Voedsel en vervoer het amper 15 persent tot die syfer bygedra. Collard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.