Brittanje glo ook Hamas het hospitaal gebom

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê hy glo die dodelike lugaanval op ‘n hospitaal in Gaza verlede week is veroorsaak deur ‘n missiel wat Israel geteiken het en van binne die gebied afgevuur is. Israel het verlede week tot dieselfde gevolgtrekking gekom en sê die ontploffing is veroorsaak deur ‘n mislukte lansering deur militante vanuit ‘n begraafplaas in Gaza, maar Hamas het Jerusalem vir die ontploffing blameer. Tot 500 mense is glo in die ontploffing dood. Sunak sê die bevinding is gegrond op ‘n analise van Britse intelligensie en wapendeskundiges: