Britse regering sal boere betaal om groener kunsmis te gebruik

Die Britse regering sê boere sal betaal word om groener kunsmis te gebruik te midde van die stygende koste verbonde aan die verbouing van gewasse. ‘n Toename in gaspryse het veroorsaak dat Britse voedselprodusente stygende koste vir kunsmis, brandstof en veevoer in die gesig staar. Die bedryf waarsku dit kan tot voedseltekorte lei. Daar word nou van ministers verwag om kontant-aansporings te bied wat gemik is op boere wat wegbeweeg van gas-afhanklike kunsmis. Verskeie boere oorweeg dit om gewasproduksie drasties af te skaal indien die prys van kunsmis aanhou styg.