Britse navorsers sê Omikron is wel ligter

Navorsing in verband met die Omikron-variant duur voort en die jongste studie vanuit Brittanje toon dat die risiko om gehospitaliseer te word met ‘n Omikron-infeksie met ‘n derde verminder vergeleke met Delta. Navorsers in Brittanje het meer as ‘n miljoen Covid-gevalle oor die afgelope paar weke bestudeer met ongeveer ‘n half miljoen Omikron-gevalle en ‘n half miljoen Delta gevalle wat ingesluit is. Terwyl hospitalisering steeds plaasvind is die hoeveelheid ernstige gevalle stabiel en neem nie toe nie. Entstowwe werk volgens die navorsing ook goed teen Omikron met ‘n afname van 81 persent vir die risiko van beide simptomatiese en asimptomatiese infeksie na ‘n derde dosis.