Capitol Hill-polisie vrees 6 Jan. herdenking

Polisielede wat by Capitol Hill in Washington ontplooi is, sê hulle het kommer oor ‘n herhaling van gewelddadige protes op die eerste herdenking van die gebeure op 6 Januarie 2021. Van die lede het steeds beserings en herstel nog. Daar is hoop dat die strafregtelike proses en die gepaardgaande vonnisse moontlik betogers sal weerhou van enige aksies. Owerhede sê hulle berei voor vir ‘n moontlike herdenking van die dag en monitor ook verskeie sosiale media platforms wat in gebruik is.