Bek-en-klouseer-gebied in KwaZulu-Natal verklein

Die Rooivleisprodusente-organisasie verwelkom die verkleining van die bek-en-klouseer-gebied in KwaZulu-Natal. Boere wat deur die uitbreking geraak is, is onder geweldige finansiële druk weens die beperking op die beweging van diere met gesplete hoewe. Die organisasie se voorsitter, Angus Williamson, sê baie beesboere kon nie hulle diere verkoop nie en dit het gelei tot probleme om rekeninge en ander onkostes te betaal.