British Airways kanselleer 78 vlugte by Britse lughawens

British Airways het vandag die kansellasie aangekondig van 78 vlugte op Heathrow-lughawe na dae se vertragings by die  Birmingham- en Manchester-lughawens. EasyJet het ook minstens 30 vlugte afgelas wat van of na die Gatwick-lughawe in die Britse hoofstad geskeduleer was. Dit raak vlugte na Amsterdam, Krakow, Bologna en Berlyn. Personeeltekorte weens Covid-19 het na wat berig word gelei tot lang toue by sekerheid, en talle mense verpas hulle vlugte. Die lughawens beleef ‘n groot toename in passasiers nadat Covid-beperkings opgehef is.