Brave Warriors is deur na die Cosafa-finaal

Die Brave Warriors het Mosambiek met 1-0 in die Cosafa-beker semi-finaal in Durban, Suid-Afrika, gewen. Bathuel Muzeu het die enigste doel aangeteken. In die ander semi-finaal sal Zambië en Senegal vanaand om sewe-uur sake uitspook. Namibië sal dan Sondag teen dié wenner in die finaal te staan kom.